Mnr. en mej. Hoërskool Vredendal 2018

Ons jaarlikse meneer en mejuffrou – kompetisie is op 7 Augustus 2018 gehou. Alhoewel dieselfde formaat as in die verlede gevolg is, was daar tog ‘n paar veranderinge wat ekstra luister aan die geleentheid verskaf het.

VMG en Love of Light professional photographers het vanjaar deel van die geleentheid geword en wonderlike geleenthede vir die kinders geskep. Hulle is onder andere ‘n week vroeër uitgeneem vir ‘n fotosessie en is daar met hierdie foto’s ook ‘n facebook – kompetisie gehou. Die paartjie wat die meeste “likes” gekry het was Rickus van Vuuren en Sharon – Lee Hurst

21 paartjies het vanjaar deelgeneem en moes die boordelaars behoorlik bontstaan om die regte keuses te maak. Uiteindelik is die volgende kinders as wenners aangewys. Tweede prins was Joubert Kearney, eerste prins Kirwin Loubser en meneer HSV was Egbert de Waal. By die dogters was die kompetisie  intens, maar uiteindelik is Monette Arp as tweede prinses, Kadey Phillips as eerste prinses en Mia Human as mej.HSV aangewys. Deel van die wenners se pryse is onder andere ook ‘n fotosessie deur Love of Light photographers.

Ons wil ook net baie dankie sê aan elke lid van die publiek wat ons met hierdie aand ondersteun het.

Mnr & Mej Hoërskool Vredendal 2018
Van links na regs: Joubert Kearney (2de prins); Kirwin Loubser (1ste prins); Egbert de Waal (Mnr HSV); Mia Human(Mej HSV); Kadey Phillips (1ste prinses) en Monette Arp (2de prinses)