Graad 8 Verwelkoming

Voornemende graad 8-leerders word reeds in die voorafgaande jaar per brief ingelig of hul toegelaat is al dan nie.  Daar word ook skriftelik aan hulle meegedeel watter skryfbehoeftes hulle benodig, waar hulle op die eerste dag moet aanmeld en hoe laat hulle daar moet wees.

Vandat hulle aangemeld het word hulle deur die VRL begelei sodat hulle hul weg kan vind na al die lokale waar hulle moet wees.  Vir die eerste twee weke word hulle onder leiding van die VRL en die skakelonderwysers, onder andere, die skool se geskiedenis, die skoollied, skooltradisies sowel as die personeel se name en vakke geleer.

Die tweede Vrydag van die eerste kwartaal word daar ‘n verwelkomingseremonie gehou waar die graad 8-leerders tesame met hul ouers verwelkom word by die skool  Tydens hierdie seremonie word elke graad 8 dan ook amptelik deur die VRL by die skool verwel-kom deur die oorhandiging van ‘n verwelkomingsertifikaat.

Die aand word op ‘n gesellige manier afgesluit deurdat die personeel en die Beheerliggaam saam met die nuwe ouers op ‘n informele wyse verkeer rondom ‘n braaivleisvuur.