Toneelopvoerings

Me Riana Rosslee

Me Riana Rosslee

Algemeen

Hoërskool Vredendal is glad met die bek en warm op die planke!

Hoërskool Vredendal pak jaarliks ‘n eenbedryf aan wat na toneelkompetisies geneem word waar spelers teen skole oor die hele Wes-Kaap en Noord-Kaap deelneem.

Hoërskool Vredendal neem jaarliks deel aan die Namakwaland-, Fraserburg Toneelfeeste en ATKV Tienertoneel en het in 2012 by Aardklop onder die top 10 landswyd geëindig.

Toneelspelers neem ook aan Stad Kaapstad Toneelspelkompetisie deel. Dit is die groot-ste kompetisie vir individuele rolspel in Suid-Afrika.

Jan Fouché is in 2010 na afloop van hierdie kompetisie gekies om in ‘n professionele produksie, “Hel en Hemel op Aarde”, te speel by KKNK.

Gideon Basson het in 2011 onder die Top 16 landwyd geëindig in 2012 as die wenner in die Top 30 afdeling aangewys en in 2013 onder die Top 30 geëindig.

Llewellyn Stevens is in 2011 gekies om in “X plus Y” te speel onder regie van Marthinus Basson. Hy speel saam met Anna-Mart van der Merwe, ook ‘n oud-Vredendaller by die Suidoosterfees en KKNK.

Francois du Plessis eindig in 2014 onder die Top 16-toneelspelers landwyd.