Dans

Me Rentia Theron
Me Rensia Theron
Kuns en Kultuur:
Dans Spesifieke Leerrigting; Dansstudies
Dansleerder in aksie

Dans is ‘n unieke kunsvorm wat die liggaam as ‘n instrument van kommunikasie gebruik.

SKEPPENDE KUNSTE: Grade 8 en 9
Kontemporêre Dansopleiding
mag vir die heel eerste keer begin word in Graad 8. Dus is ‘n leerder van enige ouderdom, vermoë en ondervinding welkom om by die Dansklas in te skakel vir hul vak, Skeppende Kunste.

DANSSTUDIES: Grade 10, 11 en 12
Hoërskool Vredendal bied Dansstudies as vak in Grade 10 tot 12 aan en het toegang tot spesialisonderwysers, fasiliteite en hulpbronne om Dansstudies tot op die hoogste vlak te neem.

 

Dansstudies is 'n opwindende vak

Optree geleenthede: Choreografie Aand; Klawer Kunste; Paarlvallei Eisteddfod; Talentkompetisie; Kultuur Aande; Soektogte; Baxter Kontemporêre Dansfees; ens.
Medewerking en danswerkswinkels met: WKOD, La Rosa Spaanse Dansteater; Jazzart Dansteater; Namjive Dansteater; Garage Dansgeselskap; Followspot Productions (Big Boys-faam) en gereelde uitstappies na Artscape Teater.

Bemeester verskeidenheid dansvorme vir veelsydigheid, nl.
• Komtemporêre Dans
• Afrika Dans
• Choreografie
• Improvisasie

Areas van studie sluit in:
• Dansuitvoering
• Anatomie en Gesondheidsorg
• Improvisasie en Choreografie insluitend musiek
• Dansteorie en –geletterdheid

Voordele
• Dra by tot die kulturele lewe van on skool, gemeenskap en nasie.
• Produseer items/konserte vir die skool.
• Ontwikkel gefokusde, toegewyde, self-gedissiplineerde en verantwoordelike leer-ders.

Hinkel en Klassen
Hinkel en Klassen saam met die graad 12 Dansstudie-leerders van HS
Amy-Monique Cloete en Kaylin Coetzee
Amy-Monique Cloete en Kaylin Coetzee

HSV DANSLEERDER ONDER TOP TIEN IN WES-KAAP

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement het so pas aangekondig dat Elzhan Walters van Hoërskool Vredendal die algehele vyfde plek vir Dansstudies in die Wes-Kaap behaal het.  Tydens die afgelope Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen van 2017, verwerf sy ‘n noemenswaardige gemiddeld van 96% vir Dansstudies.  ‘Elzhan is ‘n uitstekende danseres.  Haar grasie, musikaliteit en sprankelende persoonlikheid het verseker tot haar wonderlike prestasie bygedra,’ aldus Rensia Theron, HSV Dansopvoeder.  Elzhan verwerf ook A-simbole in Biologie, Afrikaans en Engels.  Hierdie veelsydige dogter wat reeds ‘n aanbod van ‘n professionele dansgeselskap van die hand gewys het, studeer tans Arbeidsterapie by die Universiteit Stellenbosch.

Baie geluk met hierdie skitterende prestasies, Elzhan.  Hoërskool Vredendal is sommer baie trots op jou!

Elzhan Walters in aksie
Elzhan Walters in aksie

HSV-DANSHOOGTEPUNTE

Hoërskool Vredendal (HSV) se deelname aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod besorg aan twee matriek-danswerke onderskeidelik ‘n tweede en ‘n derde plek in die Choreografie-afdeling. ‘Ontdekking’ deur Zelmari Munnik verwerf ‘n brons medalje en ‘The Wall of Shame’ deur Támari Theron verwerf ‘n silwer medalje. Laasgenoide werk ontvang dan ook ‘n uitnodiging om by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod Pryswennerskonsert op te tree.
HSV-dansers wat by Klawer Kunste oortref is, Georgia Julies gr.8 met vier Dubbelgoud; Kirwin Loubser gr.10 met vyf Dubbelgoud; Elzhan Walters gr.11 met ses Dubbelgoud en Támari Theron gr.12 met nege Dubbelgoud. Támari se solo, ‘Seeing You Again’ (97%) en haar choreografie, ‘The Wall of Shame’ (99%), asook Melissa Goosen se ‘My Pillar in Life’ (96%), hou dan ook HSV se naam hoog by Klawer Kunste Skouspel.
Op 15 Augustus maak twaalf leerders geskiedenis deur die heel eerste HSV-dansers te wees wat op die Artscape-verhoog optree. By die Artscape Schools Arts Festival word ‘My Pillar in Life’ en ‘The Wall of Shame' entoesiasties deur ‘n volgepakte ouditorium ontvang. ‘The Wall of Shame’ word genooi om op 1 Septiber by die Artscape Schools Arts Festival Gala Aand op te tree.
Die toegewyde en gedrewe HSV-dansers se hoë-standaard benadering tot hul werk, het verseker hierdie kwartaal bygedra tot hul puik uitslae op verskillende platforms.
Hoërskool Vredendal Tygerberg Internasionale Eisteddfod
Tygerberg Internasionale Eisteddfod
Op die foto verskyn:
Agter van links na regs: Hermoine Visser, Támari Theron, Karen Woudberg, Lindi Sutherland, Angelique
Erasmus, Devandré Prins, Alistaire Steenkamp, Zelmari Munnik en Elzhan Walters
Voor van links na regs: Leandri Verwey, Adri Cornelissen, Kirwin Loubser, Carike Kotze en Jade van Zyl
Hoërskool Vredendal Artscape Schools Arts Festival
Artscape Schools Arts Festival
Op die foto verskyn:
Agter van links na regs: Melissa Goosen, Támari Theron, Alistaire Steenkamp,Angelique Erasmus, Devandré Prins en Elzhan Walters
Voor van links na regs: Kirwin Loubser, Lindi Sutherland, Carike Kotze en Adri Cornelissen

WêRELD DANSDAG
Op die foto verskyn:
Staande v.l.n.r: Hermoine Visser en Jade van Zyl.
Sittende v.l.n.r: Andrea Julies en Carike Kotze.

WêRELD DANSDAG

Internasionale Dansdag (Wêreld Dansdag) geskied jaarliks op 29 April.

Vanjaar het Hoërskool Vredendal dit saam met die res van die wêreld gevier. Op 29 April het leerders soos bekende dansers en dansgroepe aangetrek. Hulle het ook soos dansers in bekende dansstyle of dansflieks, bv. ‘breakdance’, Bollywood, hip hop, ballet of Step Up-flieks aangetrek.

Net voor eerste pouse, het matriekleerderHenrico Snyders aangekondig dat Wêreld Dansdag by Hoërskool Vredendal aangebreek het. Vrolike dansmusiek, Everybody Dance Now! het oor die interkomstelsel gespeel en HSV-leerders het in hul klasse vir twee minute gedans. Glimlagte en ‘n wonderlike gees het soos ‘n veldbrand deur die skool versprei.

Founded in 1982, International Dance Day seeks to promote the art of dance around the world. The main purpose of Dance Day is to attract the attention of the wider public to the art of dance.

PAARLVALLEI EISTEDDFOD 2016

Die Dansstudies-leerders van Hoërskool Vredendal het op Saterdag 21 Mei deelgeneem aan die Kontemporêre Dansafdeling van die Paarlvallei Eisteddfod.
Die beoordelaar was mnr. Gordon Andries, oud-Jazzart Dansteater danser en tans dansopvoeder in Malmesbury.

Hoërskool Vredendal se dansers vaar uitstekend en verwerf trofeë in die volgende kategorieë:
Beste 14 – 16 Jaar Solo-danser: Kirwin Loubser
Beste 17 – 19 Jaar Solo-danser: Támari Theron
Beste 14 – 16 Jaar Groep Choreograaf: Angelique Erasmus
Beste 17 – 19 Jaar Groep Choreograaf: Támari Theron

Die volgende sertifikate word aan HSV-dansers uitgereik na gelang van prestasies behaal:
Cum Laude = 90% en hoër (HSV verwerf 1 sertifikaat)
Goud Plus = 85% - 89% (HSV behaal 27 sertifikate)
Goud = 80% - 84% (HSV behaal 9 sertifikate)
Silwer Plus = 75% - 79% (HSV behaal 6 sertifikate)
Silwer = 70% - 74% (HSV behaal 11 sertifikate)
Brons = 60% - 69% (HSV geen)

Congratulations with the high standard of work. High School Vredendal is on another level with beautifully strong dancers!’, aldus mnr. Andries. HSV ontvang dan ook, op aanbeveling van mnr. Andries, ‘n uitnodiging van die raad van direkteure van die Paarlvallei Eisteddfod, om op te tree by die Pryswenners Prestige Gala-Aand op 13 September in die Paarl Stadsaal.

Ons sê baie geluk aan elke dansleerder wat by hierdie eisteddfod opgetree het – jul het jul goed van jul taak gekwyt. HSV is sommer baie trots op julle!

 
Hoërskool Vredendal by Paarlvallei Eisteddfod 2016
Hoërskool Vredendal by Paarlvallei Eisteddfod 2016 

JAZZART DANSTEATER BESOEK HOëRSKOOL VREDENDAL

Jazzart Dansteater, ‘n professionele dansgeselskap van Kaapstad, het op 9 Mei ‘n demonstrasie in Kontemporêre Dans aangebied by HoërskoolVredendal. Dit was ‘n lewendige, opvoedkundige dansprogram wat bygewoon was deur die hele Hoërskool Vredendal.
 
Die gehoor het ‘n kykie gekry na vier werke wat vroeër vanjaar in die Artscape Teater opgevoer was as deel van die Azishe Dansfees. Uittreksels uit professionele danswerke is hierna vir die Dansstudies-leerders gedurende hulle dansperiodes aangeleer deur die Jazzart-span. Direk ná skool was die grade 8 en 9 dansleerders betrek by ‘n energieke danswerkswinkel van 1½ uur en daarna was die grade 10 tot 12 dansleerders aan die beurt ook vir 1½ uur. Die HSV-leerders is deur opwindende, dog veeleisende roetines geneem wat hulle deeglik bewus gemaak het van die streng opleiding wat ‘n danser op professionele vlak ondergaan. Die positiewe ingesteldheid en borrelende energie waarmee die Jazzart-dansers en mentors met die leerders gewerk en hulle aangemoedig het, sal HSV nog lank bybly!
 
Jazzart Dansteater
Graad 8 en 9 leerders saam met Jazzart Dansteater

 

Jazzart Dansteater
Graad 10 -12 leerders saam met Jazzart Dansteater 

MEESTERKLASSE BY HOëRSKOOL VREDENDAL

Sedert 2011 besoek mnr. Alfred Hinkel, artistieke direkteur van die Garage Dansgeselskap, jaarliks die dansdepartement van HoërskoolVredendal. Die invloed van mnr. Hinkel, vooraanstaande Suid-Afrikaanse choreograaf en meester van Kontemporêre Dans, word gedemonstreer deur die HSV-leerders waarmee hy reeds die afgelope ses jaar werk.
Hoërskool Vredendal was weereens bevoorreg om vir mnre. Alfred Hinkel en die veelsydige professionele danser Byron Klassen, vanaf 3 tot en met 6 Mei te huisves. Die grade 8 tot 12 dansleerders het in die skooldag gedurende hul dansperiodes meesterklasse ontvang. In die middae het die grade 10 tot 12 Dansstudies-leerders intensiewe danswerkswinkels bygewoon waar groepwerk die fokus was.
Die dansleerders was in vervoering oor die metodiek, energie en tegniek waarmee mnre. Hinkel en Klassen werk. Hoërskool Vredendal wil hierdeur hul opregte dank uitspreek aan die Garage Dansgeselskap wat die potensiaal in elkeen van ons kinders raaksien en dit tot hoër hoogtes ontwikkel.
 
Meesterklasse by Hoërskool Vredendal
Meesterklasse by Hoërskool Vredendal

GRAAD 12 DANSSTUDIES NAWEEKSKOOL

Vanaf 29 April tot en met 2 Mei het Gerli-Ann Rooi, Alistaire Steenkamp, Támari Theron, Peyton Swarts en Yolanie Swarts die Gr.12Dansstudies Naweekskool in die Noord-Kaap bygewoon.

Hierdie naweekskool het intensiewe opleiding en afrigting in die praktiese en teoretiese komponente van die graad 12 Dansstudies-sillabus behels. Die matriekdansers is deur die artistieke direkteur van die GarageDansgeselskap in Okiep, mnr. Alfred Hinkel en die professionele danser, Byron Klassen afgerig in die praktiese komponente en me. Rensia Theron, HSV-dansopvoeder het hul gebrei in die teoretiese komponente.

Met die groep se aankoms in ‘n reënerige Okiep op 29 April, ontvang hul reeds ‘n praktiese aandklas. ‘n Stewige program is oor die vier dae gevolg, waar die HSV-leerders gemiddeld vyf ure per dag aan praktiese werk gewy het. Mnre. Alfred Hinkel en Byron Klassen, met unieke onderrigmetodes eie aan die Garage Dansgeselskap, het die HSV-dansers se dansvaardighede opgeskerp en hulle gemotiveer om verantwoordelikheid te neem vir dit wat hulle leer. Me. Rensia Theron het ‘n kritiese analise van die graad 12 voorgeskrewe Suid-Afrikaanse danswerk ‘Four Seasons’ met die matrieks gedoen, waarna hulle hersieningswerkkaarte en ou eksamenvraestelle deurgewerk het.

Die positiewe atmosfeer wat die langnaweek onder die aanbieders en dansers geheers het, het almal betrokke, entoesiasties gelaat met die wete dat die HSV graad 12 Dansstudies-leerders van 2016 ‘n goeie belegging tot hul eindeksamen gemaak het.

 
GRAAD 12 DANSSTUDIES NAWEEKSKOOL
Op die foto verskyn:
Staande: Gerli-Ann Rooi en Mnr. Alfred Hinkel
Middel: Alistaire Steenkamp, Támari Theron, Yolanie Swarts
Voor: PeytonSwarts