Wat Maak die Hoërskool Vredendal spesiaal?

Die Hoërskool Vredendal bied aan u kind die beste wat ‘n plattelandse skool kan bied – en nog meer.  Benewens ‘n uitstekende vakkeuse en ‘n wye verskeidenheid sport- en kulturele aktiwiteite bied die Hoërskool Vredendal u ook die volgende:

AKADEMIESE UITNEMENDHEID

Hoërskool Vredendal het hom oor die afgelope jare bewys as ‘n instelling waar die akademie van kardinale belang is.  Dit word dan ook weerspieël deur die uitstekende prestasies wat ons matrieks en ander grade jaar na jaar behaal. Die skool beskik oor al die fisiese geriewe om ‘n uitstekende, akademiese program te fasiliteer en oor personeel wat die kurrikulum op ‘n georganiseerde en doeltreffende wyse met leerders kan deurwerk.  Die bestuursliggaam se betrokkenheid by hierdie program word beklemtoon deur die feit dat ses personeellede vanuit eie fondse aangestel is om ‘n omvattende vakkeuse moontlik te maak en seker te maak dat hoë standaarde gehandhaaf word.  Die WKOD het die Hoërskool Vredendal reeds by verskeie geleenthede vereer vir dié prestasies wat sy leerders op akademiese gebied behaal het.

MEDIASENTRUM

Die skool beskik oor ‘n moderne mediasentrum. Hier het leerders toegang tot ‘n wye ver-skeidenheid naslaanbronne, rekenaars, internet en ander moderne oudiovisuele media. Besondere moeite word gedoen om die leerders tot selfstandige studie te lei – deur baie tersiêre inrigtings as die grootste leemte onder eerstejaarstudente geïdentifiseer.

MUSIEK

Musiek as vak word vanaf graad 8 tot 12 aan gekeurde leerders onderrig.

DANS

Dans word in gr. 8 en 9 aan gekeurde leerders aangebied in die plek van gewone Skep-pende Kunste.  Vanaf gr. 10 tot 12 word dit as ‘n volwaardige eksamenvak aan gekeurde leerders aangebied.

OUERAANDE

Oueraande word aan die begin van kwartaal 2 en kwartaal 3 gehou.

Tydens hierdie geleentheid kry ouers die kans om direk met hul kind se vakonderwysers kontak te maak.  Dit is die ideale geleentheid vir elke ouer, kind en onderwyser om die be-trokke kind se akademiese vordering met mekaar te kan bespreek.

Wiskunde/Wetenskap Fokusskool

Hoërskool Vredendal is ook in 2016 deur die WKOD aangewys as ‘n Wiskunde/Wetenskap en Tegnologie Fokusskool.

Verder het hulle ook aan die skool die nuutste elektroniese toerusting geskenk om die klasse vir die leerders so aantreklik moontlik aan te bied. (Dataprojektors, Elektroniese Witborde, “Document Readers”, Rekenaars, Tablette, Vraestelboeke, ens.)

Prysuitdeling (lees meer)Toppresteerders van HSVDAL