


Die skool beskik oor ‘n netjiese, ruim skoolgebou, wat ‘n goed toegeruste mediasentrum, drie moderne rekenaarsentrums, ‘n siviele tegnologielokaal, ‘n musieklokaal en drie moderne wetenskaplaboratoriums insluit.
Die skoolterrein bestaan verder uit ‘n netjiese pawiljoen met twee rugbyvelde, ‘n atletiekbaan, krieketveld, vier netbalbane, vyf tennisbane asook ‘n veeldoelige sportsentrum waar sport op ‘n hoë vlak afgerig word.