Handboeke

SKRYFBEHOEFTES

Geen skryfbehoeftes word deur die skool voorsien nie. Aan die einde van elke jaar word elke leerder voorsien van ‘n lys van benodigdhede vir elke vak wat aangekoop moet word vir die volgende jaar.

BOEKAANKOPE

Skryfboeke:

Leerders koop eie skryfboeke aan. ‘n Lys van skryfboeke word vir elke graad voorsien saam met die Desemberrapport of wanneer nuwe leerders by die skool inskryf.

Handboeke:

Graad 8 tot 12 kry gratis handboeke wat deur die staat voorsien word.

Handboekhuur van R250 per jaar word betaal deur elke leerder.

Alle handboeke word ingehandig wanneer ‘n leerder die skool verlaat of aan die einde van die jaar.

Leerders word aanspreeklik gehou vir handboeke wat verlore raak of beskadig is.