Studierigtings en Vakkeuse
STUDIERIGTINGS
Die volgende akademiese studierigtings word deur die skool aangebied:
‘n Natuurwetenskaplike studierigting:
- Leerders kan Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap, Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid neem. Indien hy/sy Fisiese Wetenskap neem, is ditwenslik dat hy/sy ook Wiskunde neem.
‘n Geesteswetenskaplike studierigting:
- Leerders kan Afrikaans, Engels, Dans, Geskiedenis en Musiek neem.
‘n Ekonomieswetenskaplike studierigting:
- Leerders kan Besigheidstudies, Rekeningkunde en Rekenaartoepassingstegnologie neem.
VAKKEUSE
Gr. 8 en 9
- Afrikaans Huistaal
- English First Additional Language
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Tegnologie
- Menslike en Sosiale Wetenskappe
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Skeppende Kunste
- Lewensoriëntering
Gr. 10 tot 12
OORSKAKELING VAN EEN VAK NA ‘N ANDER
Dit is moontlik dat ‘n leerder ‘n verkeerde keuse ten opsigte van sy/haar vakkeuse kan maak. Indien ‘n leerder van vak wil verander, kan dit slegs geskied met die skriftelike toe-stemming van die ouer. Vakveranderings kan as volg gedoen word: Graad 10 leerders mag ‘n maksimum van 2 vakke verander, terwyl Graad 11 leerders een vak mag verander voor 28 Februarie onderworpe aan die goedkeuring van die prinsipaal. In Graad 12 mag ‘n leerder slegs een vak verander in ‘n uitsonderlike geval en dit moet afgehandel wees voor 31 Januarie.