Amy Cloete
Me Amy Cloete
Kuns en Kultuur:
Dans Spesifieke Leerrigting; Dansstudies
Danser in aksie

Dans is ‘n unieke kunsvorm wat die liggaam as ‘n instrument van kommunikasie gebruik.

SKEPPENDE KUNSTE: Grade 8 en 9
Kontemporêre Dansopleiding
 mag vir die heel eerste keer begin word in Graad 8. Dus is ‘n leerder van enige ouderdom, vermoë en ondervinding welkom om by die Dansklas in te skakel vir hul vak, Skeppende Kunste.

DANSSTUDIES: Grade 10, 11 en 12
Hoërskool Vredendal bied Dansstudies as vak in Grade 10 tot 12 aan en het toegang tot spesialisonderwysers, fasiliteite en hulpbronne om Dansstudies tot op die hoogste vlak te neem.

Dansstudies is ‘n opwindende vak

• Optree geleenthede: Choreografie Aand; Klawer Kunste; Paarlvallei Eisteddfod; Talentkompetisie; Kultuur Aande; Soektogte; Baxter Kontemporêre Dansfees; ens.
• Medewerking en danswerkswinkels met: WKOD, La Rosa Spaanse Dansteater; Jazzart Dansteater; Namjive Dansteater; Garage Dansgeselskap; Followspot Productions (Big Boys-faam) en gereelde uitstappies na Artscape Teater.

Bemeester verskeidenheid dansvorme vir veelsydigheid, nl.
• Komtemporêre Dans
• Afrika Dans
• Choreografie
• Improvisasie

Areas van studie sluit in:
• Dansuitvoering
• Anatomie en Gesondheidsorg
• Improvisasie en Choreografie insluitend musiek
• Dansteorie en –geletterdheid

Voordele
• Dra by tot die kulturele lewe van on skool, gemeenskap en nasie.
• Produseer items/konserte vir die skool.
• Ontwikkel gefokusde, toegewyde, self-gedissiplineerde en verantwoordelike leerders.