Die Dallerbond is ‘n organisasie wat deur oudskoliere en ondersteuners van die skool gestig is met die uitsluilike doel om die skool op sportgebied te ondersteun.  Hierdie ondersteuning geskied in die vorm van die beskikbaarstelling van kundige mense om te help met sportafrigting en om die skool by te staan met terreinprojekte.  Hulle reël ook insamelings indien dit nodig is om ‘n leerder of span finansieel by te staan.

Enige lid van die publiek kan ‘n lid van die organisasie word indien hy/sy die skool op besonderse wyse wil ondersteun.

Voorsitter: Jaco du Toit   (083 301 6963)
Ondervoorsitter: Nico Laubscher   (082 905 1640)
Sekretaris: Ruan Pienaar   (078 458 8181)