Matriekafskeid en Modeparade

Matriekafskeid 2013Die Matriekafskeid word aan die einde van die derde kwartaal gehou.Matriekafskeid 2013

Hierdie funksie word deur die graad 11’s, hul ouers en aangewese personeellede gehou.  Die personeel betrokke word op ‘n rotasiebasis aangewend vir hierdie funksie.  ‘n Matriek-afskeidkomitee, bestaande uit onderwyspersoneel, graad 11-ouers en graad 11-leerders is verantwoordelik vir die fondsinsameling en die aanbieding van hierdie geleentheid.

Elke matrikulant betaal ‘n voorafbepaalde bedrag vir hom-/haarself asook vir die metgesel indien die metgesel nie ‘n matrikulant van Hoërskool Vredendal is nie (indien wel, betaal die persoon vir hom-/haarself).

Die gaste van die matriekafskeid bestaan uit die huidige jaar se matrikulante met hul met-geselle, die personeel met hul metgeselle, die hoofseun en –dogter se ouers asook die voorsitter van die Beheerliggaam.

‘n Modeparade waar elke matrikulant met sy/haar metgesel die geleentheid kry om aan deel te neem word met die aanvang van hierdie aand gehou. Kaartjies word deur die graad 10-komitee verkoop en dien as fondsinsameling vir die volgende jaar se matriekafskeid.