
Algemeen
Johan Sebastian Bach het gesê: “Musiek is ‘n tregter waardeur God die evangelie direk in ons harte skink!”
Skeppende Kunste Graad 8 en 9
Leerders kan musiek as een van twee kunsvorms neem in graad 8 en 9. Leerders moet oudisies aflê by me M de Villiers.
Musiek as vak in die VOO-fase
Die leeruitkomste is:
• Uitvoering
Die leerdres voer musiek in verskillende style op. Leerders kan kies om UNISA, ALMSA, TRINITY of ABRSM te doen.
• Komposisie, verwerking en improvisasie
Leerdres skep nuwe musiek of verwerk bestaande materiaal. Hulle gebruik die Sibelius sagteware program.
• Musiekgeletterdheid
Die leerders kan ‘n verskeidenheid musieksoorte lees, skryf en verstaan.
• Kritiese refleksie
Die leerders doen navorsing, analise en evaluering van Klassieke-, Populêre-, Jazz- en Afrika musiek.
Instrumentale onderrig word aangebied in:
Klavier
Sang
Blokfluit