Oueraande word gehou aan die begin van kwartaal 2 en kwartaal 3.
Tydens hierdie geleentheid kry ouers die kans om direk met hul kind se vakonderwysers kontak te maak. Dit is die ideale geleentheid vir elke ouer, kind en onderwyser om die betrokke kind se akademiese vordering met mekaar te kan bespreek.
Die datums van die oueraande vir die jaar word op die skoolkalender aangedui.