Sokkiejolle word in die skoolsaal gehou as fondsinsameling vir verskillende goedgekeurde projekte. Onderwysers van die skool is verantwoordelik vir die toesig en slegs huidige in-geskrewe leerders van Hoërskool Vredendal mag dit bywoon.
Toegangstye sowel as die tye waarop leerders die sokkie mag verlaat word beperk tot sekere tydsones wat vooraf met die leerders gekommunikeer word.
Verkopings om die fondsinsameling verder te steun of die snoepie sorg dat leerders iets te ete en te drinke kan koop.