Sport by Hoërskool Vredendal geniet ‘n baie hoë prioriteit en die sukses kan dan ook gemeet word aan die hoeveelheid leerders wat jaarliks opgeneem word in Noordwes-Boland, Boland Platteland, Boland en Wes-Kaap spanne.  Om dit te kan vermag beskik ons oor die volgende sportfasiliteite:

• Twee rugbyvelde.
• Vyf tennisbane waarvan twee ook gebruik word as netbalbane.
• Twee aparte netbalbane met spreiligte.
• Een krieketveld en drie krieketnette vir oefen.
• ‘n Atletiekbaan rondom die A-rugbyveld.
• Een hokkieveld op die B-rugbyveld.
• Skaak fasiliteite.
• ‘n Onderdakpawiljoen waarop ± 600 toeskouers kan sit.
• ‘n Veeldoelige sportsentrum.

Om al die leerders te kan akkommodeer vind afrigting in die winter en somer deurlopend plaas vanaf net na skool tot saans.