

Mnr Zandré Jordaan
Atletiekorganiseerder
Algemeen
Die leerders van Hoërskool Vredendal word opgedeel in twee gelyke kleurgroepe, Groen en Goud, volgens hulle vanne. Die Kleureatletiekbyeenkoms vind jaarliks aan die begin van Februarie plaas waartydens die twee kleurgroepe teen mekaar meeding op die atletiekbaan en op die pawiljoen.
Aan die einde van die byeenkoms word die beste junior en senior dogters- en seunsatlete aangewys. Die hoogtepunt van die dag is die aanwys van die wenner van die Geesbeker en die span wat die meeste punte verdien het tydens die byeenkoms.
Die top drie atlete by elke item neem die volgende week deel aan die Sonebyeenkoms teen Vredendal Senior Sekondêr.
Daarna neem die top drie atlete van dié byeenkoms deel aan die Noordwes-Boland atletiekbyeenkoms. Die leerders wat tydens die byeenkoms die kwalifiserende tye of afstande haal, verteenwoordig dan Noordwes-Boland tydens die Boland Atletiekkampioenskappe wat in Paarl of Stellenbosch plaasvind in Maart vir ‘n plek in die Boland Atletiekspan.
Die Boland Atletiekspan neem dan deel teen SWD en WP waartydens ‘n Wes-Kaap Atletiekspan gekies word wat aan die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskappe gaan deelneem.