Krieket

V. van Zyl
Mnr. Vivian van Zyl
Christiaan Wichmann
Mnr. Christiaan Wichmann

Algemeen

Alle krieketspelers van gr.8 tot gr.12 word opgedeel in ‘n o/19 A-, B- en C-span.  Die seisoen strek oor twee kwartale, die vierde en eerste kwartaal.

Daar word jaarliks deelgeneem teen Augsburg Landbougimnasium, Calvinia, Lutzville, Vanrhyndorp, Vredendal Senior Sekondêr en Clanwilliam Senior Sekondêr.

Die o/19 A-span neem ook deel aan ‘n pro-20 reeks wat in Boland gespeel word teen skole soos Piketberg, Moorreesburg en Malmesbury.

Daar word ook jaarliks Noordwes-Bolandspanne gekies in ouderdomsgroepe o/18, o/17 en o/15.  Die spanne gaan speel teen ander streekspanne in Boland wat as proewe dien vir kies van ‘n Boland Platteland- en Bolandspanne.

Oor die jare is verskeie spelers al opgeneem in Boland Platteland- en Bolandspanne wat nasionaal deelneem.