Krieket

Christiaan Wichmann
Mnr. Christiaan Wichmann
Afrigter
V. van Zyl
Mnr. Vivian van Zyl
Afrigter en Bestuurder

Algemeen

Alle krieketspelers van gr.8 tot gr.12 word opgedeel in ‘n o/19 A-, B- en C-span.  Daar is ook ‘n dogtersspan. 
Die seisoen strek oor twee kwartale, die vierde en eerste kwartaal.

Daar word jaarliks deelgeneem teen Augsburg Landbougimnasium, Calvinia, Lutzville, Vanrhyndorp, Vredendal Senior Sekondêr en Clanwilliam Senior Sekondêr.

Die o/19 A-span neem ook deel aan ‘n pro-20 reeks wat in Boland gespeel word teen skole soos Piketberg, Moorreesburg en Malmesbury.

Daar word ook jaarliks Noordwes-Bolandspanne gekies in ouderdomsgroepe o/18, o/17 en o/15.  Die spanne gaan speel teen ander streekspanne in Boland wat as proewe dien vir kies van ‘n Boland Platteland- en Bolandspanne.

Oor die jare is verskeie spelers al opgeneem in Boland Platteland- en Bolandspanne wat nasionaal deelneem.