Rugby

Z. Jordaan
Mnr Zandré Jordaan
R. le Roux
Mnr Rico le Roux
Bestuurder
V. van Zyl
Mnr Vivian van Zyl
J. Coetzee
Mnr Johan Coetzee
Christiaan Wichmann
Mnr Christiaan Wichmann
P. van Huyssteen
Mnr Pieta van Huyssteen
Ons skool het die volgende rugbyspanne wat aan die liga deelneem:
 

 o/19A, B, C
 o/16A, B
 o/15A, B

Daar word jaarliks deelgeneem teen Vredenburg, Moorreesburg, Piketberg, Hopefield, Calvinia, Lutzville, Vanrhynsdorp, Augsburg, Graafwater, Citrusdal, Vredendal Sekondêr, Clanwilliam Sekondêr, Springbok sowel as aan nog verskeie ander rugbydae.

Die o/19A rugbyspan neem jaarliks deel aan die Oakdale Rugbyweek gedurende die April-vakansie.

Verskeie toere word ook gereël vir die ander spanne. Daar word elke drie jaar na Namibië getoer met die o/19A rugby- en netbalspanne.

Elke jaar word daar Noordwes-Boland rugbyspanne (o/16 en o/18) gekies wat aan die Bolandproewe gaan deelneem.

Verskeie van ons spelers het oor die jare die Boland rugbyspan by die Cravenweek ver-teenwoordig.

‘n Hele paar van die skool se rugbyspelers het na skool provinisale rugbyspanne verteen-woordig.