‘n Paar jaar gelede het die personeel, onder leiding van mnr Vivian van Zyl, besluit van praat, sit en staan kom niks gedaan. Fondsinsamelings is gehou, borge is verkry, donateurs uit die gemeenskap asook oud-skoliere is genader, geld is by die skool geleen en daar staan dit:
‘n Veeldoelige sportsentrum met plek vir ± 100 mense, ‘n ten volle ingerigte kombuis, kleedkamers en lugversorging.
Die sentrum is klaar betaal en dit word gereeld gebruik tydens sportdae en ook op ‘n gereelde basis uitgehuur aan die publiek.
Die sentrum is klaar betaal en dit word gereeld gebruik tydens sportdae en ook op ‘n gereelde basis uitgehuur aan die publiek.
