Tennis

N. de Klerk
Me Nisa de Klerk
Afrigter en Bestuurder
F. Loubser
Mnr Fanie Loubser
Afrigter
P. van Huyssteen
Mnr Pieta van Huyssteen
Afrigter

Algemeen

Hoërskool Vredendal het ‘n dogters A- en B-span sowel as ‘n seuns A- en B-span wat aan die tennisliga deelneem. Spanne bestaan uit vier lede per span.

Hoërskool Vredendal het ook ‘n derdespan en ‘n beginners groep wat aan vriendskaplike wedstryde deelneem.

Vriendskaplike wedstryde word gereël vir die spelers wat nie die spanne haal nie. Na afloop van die ligawedstryde vind daar ‘n finaal plaas tussen die twee topspanne in elke liga.

Daar word ligawedstryde teen Lutzville en Augsburg Landbougimnasium gespeel.

Hoërskool Vredendal speel ook vriendskaplike wedstryde teen Dirkie Uys, Piketberg en Porterville.

Die Noordwes-Bolandproewe word elke jaar tydens Oktober gehou. Die span speel jaarliks in November teen Wes-, Suid- en Noord-Boland in ‘n toernooi.

Die proewe vir die kies van die Boland Platteland- en Boland Tennisspan vind gedurende Januarie van elke jaar plaas.

Die skool se tennisspan onderneem ook jaarliks ‘n toer waartydens hulle deelneem aan ‘n tennistoernooi.

Hoërskool Vredendal is trots op al sy tennisspelers wat al die Boland- en Boland Platteland Tennisspanne verteenwoordig het.