Koshuis

Hoërskool Vredendal Koshuis is op 12 Oktober 1973 gestig.


Die skool se koshuis is op die skoolterrein geleë. Hier heers ‘n rustigheid en die druk van die dorp se bedrywighede is tot ‘n minimum beperk.
Hoërskool Vredendal Koshuis kan blyplek aan 115 koshuisgangers, Hoër- en Laerskool verskaf.


In die dogter- en seunsvleuels kan tot vier leerders ‘n kamer betrek. Leerders word gewoonlik ingedeel volgens grade. Daar is ‘n ruim studiesaal met lugversorger en ‘n gerieflike TV/sitkamer.

Alle leerders studeer in die studiesaal, behalwe graad 11 en 12 studeer in hul kamers. Vir musiekleerders is daar ‘n musiekkamer beskikbaar.


Die koshuis is naby die sportvelde en skole geleë. Alle koshuisgangers kan dus sonder enige ongerief en in veiligheid hulle sport- en skoolaktiwiteite beoefen.
Leerders wat aan enige ander aktiwiteite deelneem, wat nie deur die skool aangebied word nie, kry ruim kans hiervoor en reëlings kan getref word vir vervoer en spesifieke geleenthede.


Leerders kan Maandae en Woensdae dorp toe gaan. Koshuisgangers se ouers moet geskrewe toestemming gee vir alle uitstappies.


Koshuisreëls word streng toegepas. Dissipline, wat tot almal se voordeel strek, heers by die skool en koshuis en verseker die leerders se veiligheid en verskaf gemoedsrus aan ouers.


Ons personeel het baie deernis vir die koshuisgangers en is altyd beskikbaar om hulp te verleen.
Ons glo dat leerders gelukkig is hier en daar word moeite gedoen om so ver moontlik ‘n huislike atmosfeer te skep. Dit is bekend dat daar gewoonlik ‘n spesiale band tussen koshuisinwoners ontstaan.


‘n Kenmerk van ons koshuisleerders is een van onafhanlik-wees, individualisties-wees en selfstandig-wees.


‘n Koshuis vertel verskeie stories – ‘n storie van vrede en rustigheid, spanning en konflik, blydskap en hartseer, vreugdes en trane, opgewondenheid en ook teleurstelling.


Die bydraes van koshuisleerders tot die skool en prestasie op akademiese-, sport- en kultuurgebied en leierskap was en is steeds enorm.

Ons glo dat al hierdie ervarings van ons koshuiskinders mense gemaak het wat suksesse en mislukkings kan hanteer, trots is op wie hulle is, trots is op hul omgewing, trots is op wat hulle kan bied en wat met trots hul plek in die skool en breë samelewing kan volstaan.


Kontakbesonderhede:
Superintendent – (027) 213 4503
Matrone – (027) 213 1123
Faks – (027) 213 1123
Posbus 266, Vredendal, 8160
Buitelaan, Vredendal, 8160