CREDO

Die Hoërskool Vredendal strewe om met Afrikaans as voertaal relevante opvoeding te bied wat die volle ont­wikkeling van elkeen van sy leerders nastreef.  Dit behels professionele onderrig op die hoogste vlak, ’n ba­lans tussen geestelike, akademiese, kulturele en sportbedrywighede en ’n skoolpraktyk wat Christelik gefun­deer is.

Die hegte betrokkenheid van die hele skoolgemeenskap en ’n liefdevolle belangstelling in elke leer­der as individu is verdere wesenlike elemente van hierdie strewe.  Ruimte word geskep vir die uitlewing van Christenskap en leerlinge word doelbewus hiertoe aangemoedig.

Die akademiese en ander prestasiepeile, suksesrekord en kultuuraard wat die skool oor jare opge­bou het, is verdere wesenskenmerke van hierdie strewe.  Die skool sal sy voortreflikheid as skool dinamies handhaaf en sy rol as Afrikaansmedium skool in die streek op ’n uitgebreide grondslag, streng buite die politieke arena, vervul.

As staatsondersteunde skool bepaal die Beheerliggaam die skool se toelatingsbeleid.  Dit staan enige ouer, wat hom/haar met bogenoemde strewe assosieer, vry om namens sy/haar kind aansoek te doen vir toe­lating tot die Hoërskool Vredendal.

Uit die CREDO word die volgende bepaal:

ONS VISIE

Hoërskool Vredendal is ʼn skool:

  • wat onderrig van hoogstaande gehalte bied;
  • wat kreatiewe denke, selfstandigheid, selfvertroue en empatie by elke leerder aanmoedig en ontwikkel;
  • wat leerders toerus om alle uitdagings met vasberadenheid en vertroue aan te durf;
  • waar ons mekaar ondersteun en
  • waar ons geesdriftig deelneem aan akademie, sport en kultuur omdat ons kán en wíl.

ONS MISSIE

Hoërskool Vredendal strewe daarna om:

  • ons Afrikaans Moedertaal te handhaaf en goeie waardes uit te leef;
  • eie kultuurskatte te waardeer, maar ook dié van ander te respekteer;
  • ʼn weldeurdagte, goedgebalanseerde opvoeding aan jong wêreldburgers te bied en
  • te alle tye aan ons integriteit, trots en uitnemendheid geken te word.