Skoolbywoning

 

Gereelde skoolbywoning is van uiterste belang vir elke leerder om suksesvol op skool te kan vorder.  Om die skool se verantwoordelikheid rondom hierdie saak suksesvol te kan nakom het ons ‘n stelsel in plek waar ons van ouers verwag om ons of telefonies of skrif-telik van ‘n kind se afwesigheid in kennis te stel op die dag van afwesigheid.

Afwesigheid tydens toetse en eksamens moet met ‘n mediese sertifikaat gestaaf word, anders kan die leerder sy/haar punte verbeur.

NB:     Toetse en eksamens kan slegs geskryf word op die tye waarvoor dit geskeduleer is en kan nie verskuif word om ‘n leerder se afwesigheid te pas nie.