Skoolgeld

Die skoolgeld word jaarliks deur die Beheerliggaam aanbeveel vir die daaropvolgende jaar. ‘n Begrotingsvergadering waarheen alle ouers uitgenooi word, word aan die einde van elke jaar gehou.

Tydens hierdie vergadering word die begroting, die voorgestelde skoolgeld sowel as die voorgestelde koshuisgeld aan die ouers voorgelê vir goedkeuring.

Skoolgeld sowel as koshuisgeld is vooruitbetaalbaar.

Skoolgeld kan kontant of per debietorder betaal word.

Koshuisgeld kan slegs kontant betaal word.

Ouers ontvang afslag indien skoolgeld reeds in die eerste kwartaal vereffen word.

Skoolgeld: R19 469 p.j.

Losiesgeld: R23 840 p.j.