Algemene Netheid
- Leerders moet onder alle omstandighede netjies en skoon geklee wees in die korrekte skooldrag.
- Die dra van juweliersware soos byvoorbeeld armbande, ringe en kettinkies is verbode.
- Indien ‘n dogter gaatjies in die ore het, mag sy alleenlik goue of silwer ringetjies (maksimum deursnee 1,3 cm) of knoppies (maksimum deursnee 0,5 cm) as oorbelle dra. Die oorbelle moet sonder enige versiersel wees. Slegs een oorbel per oor is toelaatbaar en in die onderste gaatjie, waar meer as een gaatjie per oorbel is.
- Leerders mag geen grimering óf gekleurde naellak aanwend nie. Kleurlose naellak is wel toelaatbaar.
- Truie en baadjies mag nie om die heupe gebind word nie. Die moue van truie mag ook nie oor die hande getrek word of opgestoot word nie.
- Hempsmoue, in somertyd, moet netjies opgerol word tot net bokant die buig van die arm.
- Seuns moet gereeld skeer. Geen snorre of baarde word toegelaat nie.
- Slegs ‘n leerder se naam mag aan die buitekant van sy tas aangebring word.
- Tasse moet verkieslik van die tadisionele konsertina-tipe wees wat in die hand gedra word. Indien onmoontlik, mag versterkte seilsakke (dit wil sê met hardebord binne aan al vyf kante van ‘n seilsak) wel gebruik word. Beskadigde of verlore handboeke sal aan die einde van ‘n bepaalde jaar deur ‘n leerder (op eie koste) ver-vang moet word.
- Skoolserpe is in die winter toelaatbaar.
- Skoolskoene moet gereeld gepolitoer word en netjies vertoon.
- Leerders moet gedurende die winterseisoen elke dag ‘n baadjie dra.
- ‘n Leerder mag nie ‘n donkerbril op die skoolterrein dra of enige plek waar die skool verteenwoordig word nie, tensy ‘n mediese sertifikaat in hierdie verband vooraf aan die skoolhoof voorgelê is.
Hare – Dogters
- Indien die dogters se hare oor die kraag hang, moet dit gevleg of gebind word.
- Alleenlik rekkies of bottelgroen, swart of wit linte mag vir dié doel gebruik word.
- Indien kuiwe laer hang as die wenkbroue, moet dit weg van die voorkop vasgesteek word.
- Poniesterte moet so na as moontlik aan die kop vasgemaak word.
- Permanente karteling van die hare is nie wenslik nie.
- Kleur van die hare een skakering ligter of donkerder is toelaatbaar.
- Style moet aanvaarbaar wees vir die gemeenskap, skool en personeel.
- Geen opmerklike stileringsprodukte mag gebruik word nie.
Hare – Seuns
- Seuns se hare moet netjies en kort wees.
- As ‘n seun regop staan, mag die hare agter nie die kraag raak nie.
- As die hare regaf gekam sou word, mag die hare nie aan die ore of wenkbroue raak nie.
- Die hare mag nêrens ‘n oordrewe rand vorm nie.
- Bakkebaarde mag nie laer as die onderkant van die oorgat wees nie.
- Style moet aanvaarbaar wees vir die gemeenskap, skool en personeel.
- Kleur van die hare of die gebruik van uitwasbare kleursjampoo is verbode.
- Geen opmerklike stileringsprodukte mag gebruik word nie.
- Permanente karteling van die hare is verbode.
Skooldrag: Dogters
Somer (van ±1 Oktober tot ± 30 April van die volgende jaar)
- Bottelgroen skoolromp – (die soom van die romp mag nie hoër as 15 cm van die knieë wees nie, wanneer kniel op vloer).
- Grys skoollangbroeke
- Wit kortmou oopslaan- of netjiese toeknoopkraag hemp – (indien wel ‘n langmouhemp, moet moue omgeslaan word tot bokant buig van arm). Indien moue afgerol is, moet ‘n das gedra word.
- Groen skooltrui (indien nodig).
- Groen skooloortrektrui (pull over)
- Wit kort sokkies (slegs een keer omgeslaan tot ‘n hoogte van ongeveer 10 cm bo-kant die borand van die skoen).
- Bottel/donkergroen/swart vol broekie.
- Swart poleerbare skoolskoene (bandjie-oor-die-voet tipe of vetertipe).
Winter (van ± 1 Mei tot ± 30 September)
- Bottelgroen 6-baan skoolromp (die soom van die romp mag nie hoër as 15 cm van die knieë wees nie, wanneer kniel op vloer).
- Grys skoollangbroek
- Wit langmouhemp met stywe toeknoop kraag.
- Groen skooloortrektrui (pull over) slegs saam met skoolbaadjie en das
- Skooldas is verpligtend – slegs by langmouhemde waarvan moue afgerol is as die baadjie uitgetrek is.
- Skoolserp (groen)
- Bottelgroen skoolbaadjie verpligtend.
- Swart ondeursigtige broekiekouse sonder patrone of lang grys skoolsokkies netjies omgevou tot onder die knie.
- Swart poleerbare skoolskoene – (bandjie-oor-die-voet tipe of vetertipe).
- Groen trui onder baadjie indien nodig – moue mag nie oor hande hang nie.
- Bottel/donkergroen/swart vol broekie.
Skooldrag: Seuns
Somer (van ±1 Oktober tot ± 30 April van die volgende jaar)
- Grys skool lang- of kortbroek.
- Skooloortrektrui (groen)
- Wit kortmou oopslaan- of toeknoopkraag hemp – (indien wel ‘n langmouhemp, moet moue netjies omgeslaan word tot bokant buig van arm).
- Indien moue afgerol is, moet ‘n das gedra word.
- Grys skoolsokkies – (te alle tye netjies opgetrek tot net onder die knie).
- Swart tradisionele skoolskoene (poleerbaar)
- Groen skooltrui indien nodig.
Winter (van ± 1 Mei tot ± 30 September)
- Grys skool langbroek.
- Wit langmou hemp met stywe toeknoopkraag.
- Skooldas is verpligtend – slegs by langmouhemde waarvan moue afgerol is as die baadjie uitgetrek is.
- Skoolserp (groen)
- Bottelgroen skoolbaadjie verpligtend.
- Groen trui, onder baadjie, indien nodig. Moue mag nie oor die hande hang nie.
- Skooloortrektrui (pull over) slegs saam met skoolbaadjie.
- Swart gordel met onversierde gespe.
- Grys skoolsokkies – nie rugbysokkies of wit sokkies nie.
- (Toegewings t.o.v. skooldrag moet nie as skooldrag beskou word nie.)
- Alle kledingstukke moet op die normaal aanvaarbare wyse gedra word, soos bv. hemde wat ingesteek is.